“Daar was eenmaal ’n man wat gedink het dat sy lewe uitgesorteer en agtermekaar is. Hy het gedink hy is gelukkig en dat sy lewe volmaak is, alhoewel hy soms gevaarlike en onverantwoordelike dinge aangevang het om lewendig te voel. Hy het egter een aand op ’n strand ’n meisie se silhoeët gesien, min wetende dat sy lewe daar en dan eers sou begin.”
Finn se woorde aan Arriana in die lekkerlees-roman, Reis deur Geheime deur Leandra Naudé.

“So begin die epiese liefdesreis van twee unieke en intens passievolle karakters, Arriana en haar Ierse liefde, Finn O’Reilly. Die leser besef egter baie vinnig dat dié twee se toekomspad nie net met maanskyn en rose besaai is nie, maar ook met verdwaalpaaie, geheime klowe en onwelkome skimme uit die verlede. Leandra Naudé kry dit reg om met hierdie karaktergedrewe verhaal die leser so te betrek dat jy vrywillig saam met die verliefdes op hul emosionele mallemeulerit klim, asem ophou en hoop die liefde oorwin uiteindelik alles.”

René van Zyl, skrywer

bookmarkcrosslist