Die volledige Reis Reeks bestaande uit die drie boeke "Reis deur die Hart (2e uitgawe)", "Reis deur Klatergoud" en "Reis deur Geheime".

Reis deur die hart (1ste uitgawe), uitgegee in 2018 deur Lapa Uitgewers, was Leandra Naudé se debuut publikasie waarvoor sy die 2019 ROSA Imbali Toekenning vir Uitmuntendheid in die Skryf van Romanses verwerf het. Leandra kon egter nie die storie van Finn en Arriana afsluit met “Die einde” nie en so het Reis deur die hart, Boek 1 van 3 geword in Die Reis reeks. Reis deur die hart word  opgevolg deur Reis deur Klatergoud en Reis deur Geheime. Die 2de uitgawe van Reis deur die hart (in hierdie bundel ingesluit) is grootliks ‘n herdruk van die 1ste uitgawe behalwe vir klein veranderinge en terugvoegings deur die outeur uit die oorspronklike manuskrip  en nou gepubliseer deur Madsock (Pty) Ltd. as Romatiese Fiksie.

bookmarkcrosslist